Corlie Putter

Corlie Putter is an Afrikaans writer who calls the sunny, coastal town of Strand, Western Cape, home.
Corlie had a nine-to-five in the corporate world but always pursued freelance writing on the side. She’s loved stories and the freedom of storytelling for as long as she can remember. After the birth of her first child, she spotted a gap for imaginative and original Afrikaans stories for children of all ages. That's when she decided to take pen to paper, and her first children's book was published in 2013.
She is now the author of popular books for both children and adults, including gripping "whodunnit" mysteries. When she steps away from her keyboard, Corlie embraces the coastal lifestyle, enjoying surfing and spending time with her family. She figures if she can write imaginative stories for kids and successfully solve a fictional murder, finding the perfect wave should be easy. The search for that perfect wave, and the next great story, continues.

Explore the Collection
Contact Corlie

Kies jou eie avontuur reeks:
Hierdie boeke is nie soos ander boeke nie. Jy kan dit nie van begin tot einde deurlees nie! Aan die einde van elke bladsy is daar verskillende keuses. Jy, die leser bepaal dus wat volgende gaan gebeur... Onthou! Jy moet ten alle tye AAN DIE LEWE probeer bly.

Cover of Kies Jou Eie Avontuur - Professor Frisko se Penarie by Corlie Putter

In Professor Frisko Se Penarie is jy die eienaardige professor se assistent. Hy is besig met navorsing en het 'n baie belangrike deurbraak gemaak. Om te verhoed dat die navorsing in verkeerde hande beland, het hy die dokumente gekrimp en iewers in die tuin gaan wegsteek. Die skelms is op sy spoor en die professor benodig dringend jou hulp. Jy en die professor word ook gekrimp en nou word dit lewensbelangrik dat julle die navorsing betyds opspoor. Die vraag is net... Kan jy uit die skelms se pad bly, die dokumente vind asook die groot gevare in die tuin vermy?

Cover of Kies Jou Eie Avontuur - Raaisels in die Museum by Corlie Putter

In Raaisels In Die Museum... Dit is jou eerste dag as polisie-speurder. Jy moet die verdwyning van die museum se eienaar, 'n ou tannie, ondersoek. Ongelukkig is daar nie baie leidrade nie. Om dinge te vererger, het die polisie hoof jou laatweet, dat daar om middernag 'n waardevolle item in die museum tentoongestel gaan word. Belangrike gaste kom van ooraloor om en die ou tannie is die enigste een wat die sleutel het om die vertrek waar die waardevolle item gehou word, oop te sluit! Jy loer na jou horlosie, dit is reeds 9 uur! Jou tyd is min! Waar gaan jy begin soek? En hoekom voel dit of iemand jou die heeltyd dophou?

Cover of Vloek van Seekat Eiland by Corlie Putter

In Vloek Van Die Seekat-Eilande is jy 'n kenner op die gebied van antieke geskrifte. Jy ontvang 'n koevert met 'n raaiselagtige boodskap van jou vriendin. Daar is ook 'n antieke kaart en sleutel in die koevert. Sy benodig blykbaar dringend jou hulp om 'n waardevolle skat op te spoor! Die kaart lei jou na 'n gevaarlike eiland met reusagtige seekatte wat in die ondergrondse grotte woon. Skielik is jou vriendin soek, en jy kom agter jy word deur iemand of iets agtervolg. Gaan jy jou vriendin kan red, die skat opspoor en al die gevare van die eiland oorleef?

Cover of Doolhof in die Dieretuin by Corlie Putter

In Doolhof In Die Dieretuin is jy 'n besoeker aan die Nasionale Dieretuin. Tydens jou uitstappie gewaar jy 'n hondjie wat sonder sy eienaar rond hardloop. Jy probeer keer voor die arme verlore dier in die kampe waar al die wilde diere aangehou word beland! Dan maak 'n meisiekind haar verskyning. Sy beduie dat jy haar moet volg. Sy lyk baie bekommerd. Gou kom jy agter dinge is nie pluis nie. Maar dit is kort voor toemaak-tyd en die sekuriteitswag wil die hekke sluit. Hoekom voel dit of hy iets probeer wegsteek? Gaan jy alleen in die aand in die dieretuin agterbly om uit te vind wat aan die gang is?

Cover of Geheime Op Die Bodem by Corlie Putter

In Geheime Op Die Bodem is jy die eerste luitenant aan boord n duikboot. Daar is onlangs vreemde aktiwiteite op die seebodem aangemeld en dit is jou taak om die kuslyn te patroleer en te beveilig. Tydens een van julle patrollies ontdek jy dat die duikboot se suurstof silinders stukkend is. Daar is slegs genoeg suurstof oor vir die volgende 2 ure! Jy probeer kontak maak met julle basis-kamp aan land, maar tevergeefs! Dit wil voorkom asof iemand iets probeer wegsteek! Maar wat, en hoekom? Is jy braaf genoeg om uit te vind wat aan die gang is?

Cover of Hysbak na Die 13de Vloer by Corlie Putter

In Hysbak Na Die 13de Vloer is jy n kenner van kunswerke. Jou baas vra dat jy n ou gebou wat gesloop gaan word, dringend deursoek. Daar is gerugte van n beroemde skildenaar genaamd, Von Skribbel wat in die gebou gewoon het en dat een van sy beste kunswerke steeds erens in die gebou versteek is. Von Skribbel het eendag net spoorloos verdwyn, en saam met hom die skildery getiteld DAME VAN DIE BAL. Die skildery is van onskatbare waarde en dit is jou taak om dit op te spoor. Dit klink maklik genoeg of hoe? Jy het net 30 minute voor die gebou opgeblaas word!

Cover of Nag van Die Seerowers by Corlie Putter

In Nag Van Die Seerowers moet jy en jou tweeling-suster keer voor 'n seerower genaamd, Jan de Wreedaard, 'n luukse skip DIE DIAMANT buit. Julle ouers het 'n bootreis op die luukse skip gewen. Toevallig ontdek julle dat die wreedaardige seerower en sy bende van plan is om al die passasiers aan boord DIE DIAMANT te beroof. Maar dit is nie al nie! Hy gaan ook die skip op een of ander geheime manier teen sonsondergang laat verdwyn. Niemand sal ooit weer DIE DIAMANT of sy passasiers sien nie! Die son begin sak en DIE DIAMANT lig sy anker en seil stadig uit die hawe uit. Gaan jy en jou suster betyds wees om almal te red?

Choose your own adventure:
These books are unlike any other books you have ever read. You can't read it page by page. At the end of each page you will have to make some choices. Therefore you, the reader, determines what will happen next.. Be warned, dear reader… It is a dangerous adventure, so choose wisely!

Cover of Choose your own adventure: Dangers behind the Portal by Corlie Putter

In Dangers behind the Portal , you are a fellow student visiting a recently discovered archaeological site. Among all the amazing findings you discover a hidden old wrought iron door. When you open the door you get transported back into the time of the dinosaurs. In order to get back home to the archaeological site, you have to find a special key that will open the same door to the portal. But this is easier said than done. You are lost in a world of meat-eating giants, and it is getting dark fast. Can you find the key in time, while also trying to survive the dangers in the jungle?

Cover of Secrets in the old castle by Corlie Putter

In Secrets in the Old Castle you are an actor. The movie is filmed on an island in an old abandoned castle. While exploring the castle you discover mysterious underground tunnels. Soon you hear whispers coming from the tunnels. It is then that you remember the rumours about the ghost of an old king roaming around the castle. Word has it that if you see the ghost you will be lost in the castle forever! Meanwhile a storm rolls in from the sea and the film crew decide to pack up and leave the island for safety. You need to navigate your way back to the film crew before they leave without you! Will you ever see the light of day again?

Whodunnit reeks:

Cover of Midnight at the Manor by Corlie Putter

Twee skynbaar onverwante moorde word gepleeg. Die eerste, die aand wat Suzaan Louw by die supermark stop om ń paar inkopies te doen. Die tweede, op die Zac Bosch wynlandgoed net buite Stellenbosch. Wat het twee moorde, ń jong weduwee en een van die land se vernaamste wynmakers met mekaar in gemeen? Die enigmatiese speurder Cronje word ingeroep om die ondersoek te lei. Die jong weduwee, Suzaan Louw, probeer alles om haar onskuld self te bewys. En die skatryk Zach Bosch sit nie ń voet verkeerd nie. Volgens berig is die speurder uiters bekwaam. Maar dit blyk asof speurder Konstantyn Cronje dié keer op ń dwaalspoor is…. Of dalk nie?

Cover of Moord en ander gaste by Corlie Putter

Speurder Cronje word versoek om die skynbare selfdood van ń bekende sitrusboer te ondersoek. Die oorledene se vrou is oortuig haar man is vermoor. Dit neem Cronje nie lank om haar vermoede te bevestig nie. Daar is heelwat verdagtes,en om die skuldige vas te trek, raak ń groot uitdaging. Die ondersoek sleur. Die eienaars van die gastehuis, waar die moord gepleeg is, tree uiters vreemd op. Selfs die weduwee het ń twyfelagtige verlede. Boonop sukkel Cronje om met die ywerige en onervare patoloog, Righard Roux oor die weg te kom. In dié tweede boek beleef die enigmatiese Konstantyn Cronje vele frustrasies. Hy, wat Cronje is, verkies om op sy eie te werk. En só raak hy byna self ń slagoffer...

Cover of Midnight at the Manor by Corlie Putter

Daar skort iets met Cronje se kollega en vriend Righard Roux, hy tree geruime tyd algeheimsinnig op. Op aandrang van hul bevelvoerder, moet hulle diegesiene Regter Taljaard se verjaardagviering bywoon. Die Regter word vermoor en Cronje ontdek dathy die heeltyd ‘n buitestaander in ’n kat en muis hy muisspeletjie is.Omdat Roux die hoofverdagte is, moet Cronje noodgedwonge terugstaan, terwyl Jan Visagie, ń onbeholpe speurder, die ondersoek in ’nverkeerde rigting dwing.Nuwe bewyse kom aan die lig, en Cronje besluit om sake in eie hande te neem.

Enquiries

For other titles or just to chat about the latest mystery.